En ek is nie een van hulle nie.
Elke keer as ek PEN Internasionaal se nuusbrief ontvang kyk ek gou of daar al nuus is. Nee wat, nog niks. Maar my hartjie klop so effens vinniger, want dis minstens nog nie ‘n negatiewe uitslag nie. Nou ja, so het dit gegaan sedert my verhaal die twintigste Junie ingestuur is. Elke dag ‘n gedagte daaraan of ek dalk een van die drie finaliste op die kortlys kan wees en hoe meer tyd verbygegaan het, hoe meer het ek gewonder. Het hulle al besluit en vir almal laat weet? Was ek die laaste een om uit te vind?
Dit sal ‘n leuen wees om te se ek was nie teleurgesteld toe ek vroeer vanaand die nuusbrief ontvang en nie my naam daarin raaklees nie, maar teen nou het ek dit al begin raai, want daar is nog net ‘n maand oor tot die kongres in Ysland plaasvind. Ek was nog nooit ‘n seer verloorder nie, so ek hoop dat Masande Ntsanga een van die top drie sal wees sodat daar iemand is om Suid Afrika te verteenwoordig. Ek dink kompetisies is ‘n baie akkurate weerspieeling van die lewe: daar is altyd iets waarop mens kan verbeter. Hopelik stuur hulle kritiek.
Of dalk laat ek myself net beter voel.
You be the judge 😉
Lees die aankondiging hier. Ek het so idee “The Collective name for Ninjas” gaan cool wees. Hoop ons kry die kans om dit te lees.