Nuwe Stories 2014 Kortverhaalkompetisie kortlys: Eerste weergawes

Foto verkry vanaf litnet.co.za

Foto verkry vanaf litnet.co.za

Die eerste weergawes van die verhale wat die Nuwe Stories 2014 Kortverhaalwedstryd se kortlys gehaal het is nou beskikbaar om te lees op Litnet. Een van Christina van Deventer se verhale is ook op hierdie jaar se kortlys. Kortlyskandidate werk nou saam met twee van Suid Afrika se voorste taal-kundiges, Leti Kleyn en Suzette Kotze-Myburgh, om hul verhale af te rond vir publikasie. Die finale weergawes van die verhale sal in die Nuwe Stories 3 bundel opgeneem word. Die bundel word later vanjaar, in November 2014 deur Human & Rousseau gepubliseer. Klik gerus hier om die verhale op Litnet.co.za te lees.

 

The first versions of the short stories that made the Nuwe Stories 2014 shortlist are now available to be read (in Afrikaans) on Litnet.co.za. One of Christina van Deventer’s short stories are also on this year’s shortlist. Shortlist-candidates are currently working together with some of South Africa’s foremost language specialists, Leti Kleyn and Suzette Kotze-Myburgh, in order to refine their short stories for final publication. The final versions of their short stories will be published in the Nuwe Stories 3 short story collection. The book, which appears later this year in November 2014, will be published by Human & Rousseau. Click here to read the shortlisted stories at Litnet.co.za.

PEN Afrikaans Jong Stemme Kompetisie wenverhaal

Foto verkry vanaf litnet.co.za

Foto verkry vanaf litnet.co.za

Christina van Deventer, was in 2013 een van die twee nasionale wenners vir die PEN Afrikaans Jong Stemme Kortverhaal Kompetisie vir skrywers onder dertig. PEN bied weer hierdie jaar die geleentheid aan jong skrywers om deel te neem aan die gesogte kompetisie. Die wenner(s) se verhale word ingeskryf vir die PEN International Young Voices kompetisie waarin meeste wereldlande se PEN verenigings verteenwoordig word deur een of twee jong skrywers binne hul verskeie landsgrense. Die PEN kompetisie vir Suid Afrika sluit eersdaags, op die 6e Mei, 2014. Meer inligting oor die kompetisie kan hier verkry word. Lees ook Christina se wenverhaal hier.

Christina van Deventer was one of the two national winners in the PEN Afrikaans Young Voices Competition 2013. This year PEN once again offers young writers under the age of 30 the opportunity to participate in this sought after competition. The winners’ stories will be entered into the PEN International Young Voices Competition in which most countries in the world are represented by one or two writers chosen by their local PEN organization. The PEN Afrikaans Young Voices  Competition is still open for entries until the 6th May, 2014. More information about the competition can be viewed here. Read Christina’s winning entry here (only available in Afrikaans).